Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat renosterhoring in PE probeer verkoop

Twee beskuldigdes wat ’n renosterhoring in Port Elizabeth probeer smous het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Valke het die twee Vrydag by ’n restaurant aan die strandfront aangekeer nadat hulle op heterdaad betrap is toe hulle die horing probeer verkoop het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê die inhegtenisnemings kom nadat inligting opgevolg is van ’n man wat glo renosterhoring wil verkoop.

Die afspraak was by die betrokke restaurant, waarna die twee beskuldigdes met die renosterhoring, asook twee vermoedelik gesteelde motors betrap is.

Volgens die Valke is die waarde van die swartrenosterhoring nog onbekend, maar ’n bron na aan die ondersoek het gesê die horing is net meer as R1 miljoen op die swartmark werd.

Nóg ’n bron het gesê die horing blyk oud en nie van ’n onlangse stropingsvoorval te wees nie.

Mgolodela het gesê geen inligting is nog oor die oorsprong van die renosterhoring ontvang nie.

Die 27- en 36-jarige beskuldigdes sal Maandag op aanklagte van die besit van renosterhoring en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die hof verskyn.

Nog inhegtenisnemings kan dalk volg, het Mgolodela gesê.

Die swartrenosterhoring wat die polisie gekonfiskeer het nadat twee mense die horing Vrydag in Port Elizabeth probeer verkoop het. Foto: SAPD

Meer oor:  Valke  |  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Renosterhoring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.