Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas wat Valke glo met R30 000 probeer omkoop

’n Man wat homself glo as ’n prokureur voorgedoen en ’n ondersoekbeampte van die Valke met R30 000 probeer omkoop het, is Dinsdag vasgetrek nadat die Valke hom in ’n lokval gelei het.

Die man se vermeende medepligtige sal na verwagting Donderdag saam met hom in die landdroshof in Rustenburg verskyn op aanklagte van korrupsie, het kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, Woensdag gesê.

Die brandstoftenk wat Saterdag gekonfiskeer is.

Die beweerde omkopery hou verband met die inhegtenisneming van twee mans wat die afgelope naweek in Rustenburg betrap is terwyl hulle glo diesel ter waarde van R480 000 uit ’n ondergrondse pyplyn wou steel. Hulle was glo besig om die diesel van onder die grond in ’n brandstoftenk te pomp toe hulle betrap en net daar in hegtenis geneem is.

Die brandstoftenk en ander toerusting is gekonfiskeer. Die twee moes Maandag in die hof verskyn op aanklagte van diefstal en peuter met infrastruktuur, maar die landdroshof in Rustenburg was toe nadat iemand daar positief getoets is vir koronavirus, het Rikhotso gesê.

Hulle sal na verwagting nou Vrydag in die hof verskyn.

’n Pyp wat die vermeende dieseldiewe glo Saterdag gebruik het om diesel van onder die grond in ’n brandstoftenk te tap.

Die twee vermeende omkopers is Dinsdag vasgetrek. Volgens Rikhotso het een van die omkoopverdagtes die ondersoekbeampte in die dieseldiefstalsaak glo genader en hom as die verdagtes se prokureur voorgedoen.

“Hy het die ondersoekbeampte na bewering R30 000 aangebied om toe te sien dat die verdagtes in die dieselsaak op borgtog vrygelaat word, én dat die brandstoftenk waarop beslag gelê is, aan hulle terugbesorg word.”

Die Valke het toe ’n lokval gestel. Die verdagtes en die ondersoekbeampte het ooreengekom om mekaar op ’n sekere plek te ontmoet. Die “prokureur” en sy vermeende medepligtige het toe opgedaag met R5 000 as ’n eerste paaiement op die totale omkoopbedrag.

Rikhotso sê albei is dadelik in hegtenis geneem.

Meer oor:  Rustenburg  |  Valke  |  Lokval  |  Omkoop  |  Mans  |  Vasgetrek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.