Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas weens korrupsie by verkeersdepartement

Enige munisipale werker wat homself aan korrupsie skuldig maak, sal in hegtenis geneem word omdat dit as ’n ernstige oortreding beskou word.

Twee amptenare van die Humansdorp-verkeersdepartement in die Oos-Kaap is reeds weens korrupsie-aanklagte geskors.

Die Kouga-munisipaliteit het ’n amptenaar hierdie week geskors in verband met die beweerde uitreiking van bedrieglike rybewyse, terwyl ’n ander amptenaar sowat twee weke gelede vir ’n soortgelyke oortreding in hegtenis geneem is.

Hattingh Bornman, Kouga-speaker, wou nie by navraag uitbrei oor wat die beweerde korrupsie-aanklagte behels nie, en of verdere amptenare moontlik ondersoek word nie.

“Die saak word ondersoek, maar die Kouga-munisipaliteit kan in die stadium ongelukkig geen inligting in die verband bekend maak nie.

“Korrupsie is ’n ernstige oortreding en enige munisipale werknemer wat aan so ’n oortreding skuldig bevind word, sal aan ’n dissiplinêre proses onderwerp word of selfs in hegtenis geneem word,” het hy gesê.

Hy het intussen inwoners gevra om geduldig te wees met die stadige diens wat tans by die departement ervaar word.

’n Proses is volgens Bornman onderweg om die stelsel vir die verkryging van motorlisensies te versnel.

Inwoners word tot dan versoek om slegs die verkeersdepartement te besoek as dit nodig is, of as alternatief die dienste van die verkeersdepartement in Joubertina te gebruik.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Aanklagte  |  Korrupsie  |  Arresteer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.