Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas weens perlemoen, 5 weens sakeroof
Van die denimbroeke waarop die polisie beslag gelê het toe hulle vyf verdagtes aangekeer het in ’n voertuig wat Woensdag by ’n sakerooftog in Rondebosch, Kaapstad, betrokke was.Foto: Suid-Afrikaanse Polisiediens

Twee verdagtes is Woensdagaand in die Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem weens perlemoensmokkelary.

Lede van die polisie se blitspatrollie het op inligting van die gemeenskap gereageer en die verdagtes van onderskeidelik 27 en 37 jaar is omstreeks 23:00 in hegtenis geneem.

Daar is op 120 perlemoene beslag gelê. Die verdagtes is in aanhouding by die Strand-polisiekantoor totdat hulle in die hof sal verskyn.

Stelle beddegoed wat ook in die voertuig gevind is. Foto: Suid-Afrikaanse Polisiediens

In ’n onverwante voorval het lede van die blitspatrollie vyf verdagtes omstreeks 22:00 in Ou Paarl-weg in Kraaifontein in hegtenis geneem. Die verdagtes, van tussen die ouderdom van 22 en 47, was in ’n voertuig wat vroeër die dag by ’n sakerooftog in Rondebosch betrokke was.

Die polisie het op beddegoed en denims beslag gelê wat in die voertuig gevind is.

Die verdagtes is in aanhouding en sal later in die hof verskyn.

Meer oor:  Sakeroof  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.