SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Misdaad
2 vas weens R250 000 se dagga

Twee mans is Woensdagmiddag net buite Port Elizabeth in hegtenis geneem toe hulle met R250 000 se dagga in hul besit betrap is.

Volgens kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, het die polisie inligting opgevolg oor ’n silwer Ford Figo wat vermoedelik dagga op die N2 vervoer.

Vier van die ses bale dagga is binne die motor aangetref.

Beamptes van die Kinkelbos-polisiekantoor het die motor 14:40 op die N2 gesien en hulle probeer voorkeer, maar die bestuurder van die motor het die polisiebeamptes se opdrag verontagsaam en weggejaag.

Beetge sê ’n kort jaagtog het ontstaan tot by die afrit op die R335-brug, waar beamptes van Motherwell se snelwegpatrollie die motor voorgekeer het.

Binne was ses groot sakke dagga.

Die polisie het die sakke as bale bestempel – heelwat groter as die normale streepsak-dagga waarop daar al voorheen beslag gelê is.

In die bagasieruim was nog twee bale dagga versteek.

Die ses bale het net meer as 100 kg geweeg en het ’n geraamde waarde van R250 000.

Die twee insittendes van die voertuig, onderskeidelik 38 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem weens onwettige dwelmhandel.

Albei sal Donderdag in die landdroshof in Motherwell verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie  |  Misdaad  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.