Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vas weens wapens, sigarette en muntstukke in motor

Twee mans van onderskeidelik 19 en 31 jaar oud is in Pietermaritzburg in hegtenis geneem toe hul voertuig deurgesoek is en wetstoepassers afgekom het op vuurwapens, sigarette en ’n magdom muntstukke.

Die polisie in KwaZulu-Natal het twee mans in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hul motor deurgesoek en vuurwapens, sigarette en ’n groot aantal muntstukke gevind is. Foto: SAPS KZN

Die polisie in KwaZulu-Natal het Maandag in ’n verklaring gesê sy motorfietseenheid het voertuie in Kerkstraat deursoek toe die motor op die hoek van Garfield- en Princestraat opgemerk is.

In dié motor was twee ongelisensieerde vuurwapens, ’n gaspistool, sigarette wat vermoedelik gesteel is, lugtydkoopbewyse en R3 000 se muntstukke.

Luidens die verklaring kon die twee in die motor nie aan die polisie ’n bevredigende verduideliking gee oor waar hulle dié artikels gekry het nie.

Die moontlikheid dat hulle by ander misdade in Pietermaritzburg en die omgewing betrokke is, sal ondersoek word.

Hulle is van die besit van gesteelde eiendom en die onwettige besit van vuurwapens aangekla en sal in die landdroshof in Pietermaritzburg verskyn.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Misdaad  |  Diefstal  |  Inhegtenisnames
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.