Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vasgetrek ná grusame moord op bejaarde

Twee mans is Dinsdag aangekeer vir die moord van ’n bejaarde vrou van Emalahleni (Witbank), Mpumalanga, wat sowat ’n maand gelede grusaam vermoor is – vermoedelik vir moetie.

“Ongeveer ’n maand gelede het die polisie ’n oproep ontvang van die familie van die oorledene. Daar is by die bejaarde se huis op ’n kleinhoewe ingebreek en die vrou was vermis,” het kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die plaaslike polisiekantoor, Dinsdag gesê.

Die polisie het vanoggend (Dinsdag) inligting ontvang oor ’n man wat haar na bewering by haar huis oorval het en haar na die ou Ogiespad ontvoer het.
Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die plaaslike polisiekantoor.

Hall sê die huis was deurmekaar en geen waardevolle items, soos die televisiestel, is gesteel nie. Die familie het die vrou, vermoedelik in haar 60’s, as vermis aangemeld, waarna die polisie ’n soektog na haar van stapel gestuur het.

“Die polisie het vanoggend (Dinsdag) inligting ontvang oor ’n man wat haar na bewering by haar huis oorval het en haar na die ou Ogiespad ontvoer het,” sê Hall.

Dié man het glo gesê dat hy vir ’n plaaslike toordokter werk. Hy het aan die polisie gesê dat die toordokter hom opdrag gegee het om die bejaarde vrou te beroof en te ontvoer.

“Hy het glo die vrou na ’n oop stuk veld geneem waar hulle vir die toordokter gewag het. Daar het die toordokter die vrou se hart uitgesny terwyl sy nog gelewe het.”

Nadat nog liggaamsdele uitgesny is, is die vrou in die stuk veld begrawe.

Volgens Hall was die polisie Dinsdagmiddag op die toneel waar die misdaad gepleeg is.

Hall sê die oorledene se naam sal waarskynlik eers Woensdag bekend gemaak kan word nadat haar familie haar lyk uitgeken het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n klag van moord ondersoek.

“Dit is moontlik dat die vrou vir moetie vermoor is.”

Hy sê twee verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem waarvan een ’n “selferkende tradisionele geneser” is. Hlathi sê die vrou se oorskot is ook Dinsdag gevind.

Hy sê die twee verdagtes sal Woensdag in die landdroshof in Emalahleni verskyn.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Aangekeer  |  Bejaarde  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.