Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vermeende stropers by Hoedspruit vasgetrek

Twee mans van onderskeidelik 22 en 28 jaar oud is Maandag in Hoedspruit in hegtenis geneem omdat hulle glo probeer het om renosters in Limpopo dood te maak.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê hulle wou Saterdag glo renosters op ’n private wildplaas buite Hoedspruit stroop. ’n Wildbewaarder op die wildplaas het Maandag een van die mans gesien en die polisie ontbied.

Drie jagmesse waarmee vermeende renosterstropers betrap is. Foto: SAP

Polisielede van Hoedspruit, wildbewaarders en lede van die polisie se honde-eenheid in Giyani het die middag toegeslaan en een van die mans is naby die wildsplaas vasgetrek. Hy het die polisie gaan wys waar hy twee .375-jaggewere, ammunisie, drie jagmesse en ’n byl gebêre het.

Mojapelo sê die ander man is enkele ure ná sy makker in die sakekern van Hoedspruit in hegtenis geneem.

Geen renoster is gewond of doodgemaak in dié mislukte stropingspoging nie.

Die twee verdagtes sal eersdaags op aanklagte van poging om ’n renoster te stroop en die onwettige besit van vuurwapens in die landdroshof in Hoedspruit verskyn. Genl.maj. Mbhazima Ngobeni, polisiebevelvoerder van die Giyani-streek, het gesê die samewerking tussen die private wildplaas en die polisie wys dat misdrywe voorkom kan word.

“Mense moenie huiwer om inligting met die polisie te deel nie, dit sal vertroulik hanteer word en kan help om misdaad te bekamp.”

Meer oor:  Hoedspruit  |  Vasgetrek  |  Stropers  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.