Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vermeende transito-rowers vas ná skietery

Twee vermeende rowers is Dinsdag vasgetrek ná ’n mislukte transitorooftog by die Glen-winkelsentrum in Oakdene in die suide van Johannesburg.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity, sê sy wagte is omstreeks 10:00 deur twee gewapende rowers oorval wat ’n houer met kontant gegryp en by die winkelsentrum uitgehardloop het.

“ ’n Wag kon die ander wagte by die transitovoertuig waarsku en hulle het agter die rowers aangery om hulle te probeer keer. ’n Reaksievoertuig van Fidelty wat op die rooftog gereageer het, wou die rowers voorkeer toe daar op hulle losgebrand is. Hul voertuig is verskeie kere getref,” sê Bartmann.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelty. Foto: Verskaf

Volgens hom het reaksiebeamptes teruggeskiet en een van die verdagtes in die been gewond. Hy is gearresteer en onder polisiebewaking in die hospitaal. Een van die reaksiebeamptes is ook tydens die skietgeveg in die been gewond. Hy is in ’n stabiele toestand na die hospitaal gebring vir mediese behandeling.

“Die houer met kontant is teruggevind en beveilig,” sê Bartmann.

Die polisie kon met die hulp van hul lugvleuel die ander rower, wat van die toneel probeer vlug het, aankeer.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik enige verdere besonderhede oor die voorval bekend maak nie.

Meer oor:  Glen-Winkelsentrum  |  Wahl Bartmann  |  Oakdene  |  Skietery  |  Transito-Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.