Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vermiste kinders se lyke gekry

Die polisie in Gauteng is bekommerd oor misdade teenoor kinders nadat die lyke van nog twee meisies die naweek in Thokoza, Ekurhuleni, gevind is.

“Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, is geskok ná die moord op twee jong meisies, wie se lyke Dinsdag in Thokoza in ’n veld gekry is,” lui ’n verklaring van kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Die meisies, onderskeidelik agt en nege jaar oud, is Sondag die laaste keer gesien toe hulle saam gespeel het.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng. Foto: Themba Makofane

“Die meisies is Maandag as vermis aangemeld en die soektog na hulle het onmiddellik begin. Die lyke is deur ’n gemeenskapslid gevind wat die polisie ontbied het,” sê Masondo.

’n Soektog na moontlike verdagtes is intussen deur die polisie begin. “Ek moedig die gemeenskap aan om saam met die polisie te werk om die moordenaar(s) te vind,” sê De Lange.

Die meisies se name word deur die polisie weerhou totdat al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is. Die polisie het hulle reeds geïdentifiseer.

Intussen wag die polisie in Pretoria nog op ’n verslag van die nadoodse ondersoek van Katlego “Katli” Joja (10), ’n outistiese meisie wie se lyk op 6 Mei in ’n rivier in Mamelodi gevind is.

Brig. Mathapelo Peters sê dié verslag sal die polisie help om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Daar is ook nog nie opgetree teen die polisiebeamptes wat Katlego se familie weggewys het toe hulle probeer het om haar as vermis aan te meld nie.

“ ’n Ondersoek word gedoen om te bepaal wat gebeur het. Daar is ’n proses wat gevolg moet word voordat daar (teen die beamptes) opgetree word,” het Peters Woensdagoggend gesê.

Soos vroeër berig, het Katlego se ma op 3 Mei omstreeks 09:00 na die plaaslike polisiekantoor gegaan om haar as vermis aan te meld. Die polisie het haar glo weggewys en gesê die familie moet na haar soek en as hulle haar nie kry nie, kan hulle terugkom..

Ná ’n uur en ’n half het Katlego se ouma na die polisiekantoor gegaan. Die polisie het toe glo gesê sy moet 24 uur wag voordat ’n saak geopen kan word. Omstreeks 16:30 daardie middag kon die familie uiteindelik daarin slaag om Katlego as vermis by die polisie aan te meld.

Meer oor:  Vermis  |  Kinders  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.