Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vragmotors brand uit ná petrolbom-aanval in Oos-Kaap
Die twee vragmotors Dinsdag in die vroeë oggendure in ligte laaie langs die N10 naby Paterson in die Oos-Kaap. Foto: Verskaf

Twee vragmotorbestuurders het Dinsdag ter nouernood aan die dood ontkom toe hul vragmotors omstreeks 02:00 deur ’n onbekende groep mense met petrolbomme in die Oos-Kaap bestook is.

Albei die vragmotorbestuurders het volgens die polisie betyds en sonder beserings ontsnap, maar die twee vragmotors, wat glo van die Vrystaat afkomstig is, is heeltemal uitgebrand.

Die waarde van die twee vragmotors is na beraming sowat R3 miljoen, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Volgens hom was albei vragmotors leeg nadat goedere vroeër die dag in Port Elizabeth afgelaai is.

“Die bestuurders het langs die N10, sowat 11 km buite Paterson, rigting Vrystaat, stilgehou om te slaap. Die bestuurders beweer hulle het wakker geword van glas wat breek en het dadelik uit die vragmotors geklim,” sê Beetge.

Volgens een van die bestuurders het hy ’n groep van vier of vyf mense, wat klapmusse gedra het, gesien wegjaag in ’n motor. Die bestuurder kon egter nie die fabrikaat van die motor sien nie.

Die aanvallers het blykbaar nie probeer om die vragmotors te plunder nie.

“Sover lyk dit asof die mense spesifiek daar was om, wat ons vermoed petrolbomme was, te gooi en te vlug. Wat die motief hiervoor is, is nog onduidelik,” sê Beetge.

’n Saak van eiendomsbeskadiging word deur die Paterson-polisiekantoor ondersoek.

Meer oor:  Vragmotors  |  Petrolbomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.