Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vroue in Oos-Kaap doodgeskiet

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek die moord op twee vroue en ’n saak van poging tot moord op ’n derde vrou in twee afsonderlike gevalle in die provinsie.

In die eerste voorval het ’n man (54) van Matatiele glo sy vrou (28) en sy skoonma geskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig en sy eie lewe geneem het.

Die man se skoonma is dood, maar sy vrou is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Vrydag gebeur nadat die man en sy vrou in ’n rusie betrokke geraak het.

Volgens Kinana het die vrou besluit om haar man te los en by haar ma te gaan woon. Die man het die vrou toe na haar ma se huis agtervolg. Daar het hulle weer in ’n stryery betrokke geraak. Die vrou se ma het probeer om tussenbeide te tree.

“Die man het na bewering sy vuurwapen uitgepluk en op albei vroue geskiet. Hierna het hy homself doodgeskiet. Die ma het aan haar wonde beswyk. Haar dogter is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.”

Volgens Kinana ondersoek die polisie ’n moordklag en ’n klag van poging tot moord. ’n Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

In ’n afsonderlike voorval Vrydag is nog ’n vrou (47) by haar huis in die Mahasana-nedersetting in Willowvale doodgeskiet. Willowvale is sowat 50 km van Butterworth.

Die polisie het die vrou se baba van 18 maande oud langs haar lyk aangetref. Die baba was ongedeerd.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê iemand wat vir die vrou gaan kuier het, het omstreeks 15:00 op haar lyk afgekom. Sy het skietwonde aan haar bolyf gehad. Die motief vir die vrou se moord is nog onbekend.

Haar identiteit word weerhou totdat al haar familie van haar dood ingelig is.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie wil ’n versoek rig aan enigeen wat lig kan werp op die voorval om na vore te kom,” sê Manatha.

Enigeen met inligting kan die Willowvale-polisiekantoor by 047 499 6234 bel of die polisie se teenmisdaadnommer by 08600 10111. Alle inligting word as vertroulik hanteer.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye teenoor die familie en vriende van al die oorledenes betuig.

Meer oor:  Moord  |  Oos-Kaap  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.