Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vroue in Pta-Oos vas oor steroïede van R3 miljoen
Daar is beslag gelê op die steroïede, etikette en ander verpakkingsmateriaal ter waarde van sowat R3 miljoen.Foto: Verskaf

Die Valke het Woensdag toegeslaan op twee huise in die luukse Silver Lakes- en Willow Acres-landgoed in Pretoria-Oos en twee vroue in hegtenis geneem in verband met ’n groot ontdekking van steroïde.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê ondersoekbeamptes van die Mpumalanga-eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad, in samewerking met ander polisieagentskappe, het Woensdag klopjagte uitgevoer op drie persele: ’n pakhuis in Pretoria-Oos en die twee huise.

“Die intelligensie-gedrewe operasie hou verband met ’n dwelmondersoek wat gelei het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes.”

Mogale sê tydens die klopjag by die huis op die Silver Lakes-landgoed het die span steroïede gekry wat na bewering plaaslik vervaardig is.

“ ’n 38-jarige vrou is in verband met die steroïede in hegtenis geneem. Die tweede klopjag was by ’n pakhuis in Meerluststraat, Equestria, waar steroïede in verskillende stadiums van verpakking ontdek is.”

“By die derde huis in die Willow Acres-landgoed is nog steroïede en versterkers gevind. ’n 35-jarige vrou is op die perseel in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die steroïede, etikette en ander verpakkingsmateriaal ter waarde van sowat R3 miljoen.”

Die twee vroue sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, Wet 101 van 1965.

Polisie lê beslag op ’n reuse-steroïde-vonds in Pretoria-Oos.Foto: Verskaf
Vervaardigingsmateriaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.