Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vroue op Kersdag in Kaapstad doodgeskiet

Twee vroue is op Kersdag in Uitsig, Ravensmead in Kaapstad, in vermoedelik ’n bendeverwante skietvoorval doodgeskiet.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die vroue is onderskeidelik 54 en 56 jaar oud.

Hy sê die voorval het Woensdag omstreeks 09:40 gebeur. “Ons speurders is besig om leidrade op te volg.”

Valentino Grootetjie. Foto: Son

Die polisie het gevra dat mense met inligting oor die voorval die Stop Misdaadnommer by 0860 010 111 bel.

Dié skietvoorval volg op die skietvoorval Saterdag omstreeks 14:00 buite ’n woonstel in Druryhof in Lavender Hill waarin Valentino Grootetjie (5) doodskiet en ’n 22-jarige vermeende bendelid ernstig gewond is.

Die gewonde man was glo ’n ent weg van die seun toe hy geskiet is. Hy word in die hospitaal behandel.

Gemeenskapslede beweer die seun is geskiet deur mense wat gestuur is om iemand anders aan te val en hy het toe in die spervuur beland.

Twee mans van onderskeidelik 24 en 29 jaar is Maandag weens die seun se dood aangekeer. Hulle sal Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Meer oor:  Bendegeweld  |  Ravensmead
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.