Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 wagte in rooftog by skool geskiet

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KZN, het sy kommer oor uitgespreek nadat twee veiligheidswagte vroeg Saterdagoggend in ’n rooftog by die Folweni High School in Folweni, suid van Durban, geskiet is.

Kwazi Mshengu is seen outside the Pietermaritzburg
Kwazi Mshengu Foto: Gallo Images, Argief

Die skool waar Sboniso Nyawose (49), ’n graad 7-onderwyser van die Masuku Primary School, vroeër vandeesmaand doodgeskiet is, is ook in Folweni.

Onbekende mans het hom in die kop en maag geskiet nadat hulle toegang tot die skool verkry het. Die leerlinge was glo tydens die voorval in hul klasse.

Folweni High School
Folweni High School Foto: Google Maps

Folweni High School was jare gelede ook in die nuus nadat ’n leerling ’n mede-leerling by die skool oor ’n selfoon doodgesteek het.

Die twee wagte, wat deur die skool se beheerliggaam aangestel is, was Saterdag besig om die skoolterrein te patrolleer toe hulle geskiet is. Die een is in die bors geskiet en die ander een in die been.

Enjins en ratkasse wat aan die skool geskenk is, is in die voorval gesteel. Die administrasiegebou en rekenaar- en wetenskapslaboratoriums is ook erg beskadig.

Die wag wat in die bors geskiet is, was Sondag nog in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

“Hoewel ons in die algemeen baie bekommerd oor die geweld in ons skole is, blyk dit dat ons meer op die Folweni-gebied moet fokus,” het Mshengu Sondag in ’n verklaring gesê.

Mshengu sê om veiligheidswagte by skole te ontplooi kan nie die enigste oplossing vir geweld by skole wees nie.

“Ons moet saamwerk en ’n permanente oplossing soek.”

Meer oor:  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.