Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 wagte in transitorooftog geskiet

Twee veiligheidswagte is Dinsdagoggend in ’n transitorooftog op die R21-noord by Boksburg aan die Oos-Rand raakgeskiet.

Die rooftog het kort ná 11:00 naby die Griffiths-afdraai gebeur.

Een van die veiligheidswagte is in die kop geskiet en die ander in die bors, sê William Tladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste.

“Hulle is ernstig gewond en is na ’n hospitaal in Benoni geneem,” sê Tladi.

Hy sê die snelweg is ná die voorval vir verkeer gesluit.

Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer inligting volg later.

Meer oor:  Boksburg  |  Skietery  |  Transitorooftog  |  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.