Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 wagte van burgemeester in Parys vas oor permitte

Twee mans is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem by die huis van die burgemeester omdat hulle nie permitte gehad het vir die vuurwapens in hul besit nie.

Thandi Mbambo, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die wapens behoort aan die veiligheidsbeamptes wat by Jowi Mochela, burgemeester van Ngwathe, se huis oppas.

Sy ontken berigte op sosiale media dat ongelisensieerde vuurwapens by die huis gekry is.

Mbambo sê die polisie het op 28 Junie inligting opgevolg dat beamptes van ’n sekerheidsfirma van Bloemfontein wat die burgemeester se huis oppas, glo ongelisensieerde wapens het.

“By nadere ondersoek is gevind die wapens is wel gelisensieer en behoort aan die sekerheidsfirma, maar die twee beamptes het nie die nodige permitte by hulle gehad soos wat deur die wet vereis word nie.”

Ngwathe se munisipale bestuurder, Bruce Kannemeyer, en Joey Mochela, burgemeester, vroeër afgeneem.Foto: Mlungisi Louw

Hulle is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die vuurwapens. Die twee mans het op 29 Junie in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Mbambo sê die polisie weet niks van die bewerings oor handgranate en kontant van R1 miljoen wat in die burgemeester se huis gevind sou gewees het nie.

“Ons weet nie waar die gerugte vandaan kom nie.”

Daar is ook bewering dat die lede van die sekerheidsfirma wat die burgemeester aangestel het, glo oudgevangenes is wat op parool uit is, en dat een van hulle ’n onwettige burger van Lesotho sou wees.

Mbambo sê sy weet niks daarvan nie.

Meer oor:  Parys  |  Burgemeester  |  Permitte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.