Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 wat glo brandstof steel, dood nadat hulle erg brand

Twee mans is aan hul brandwonde dood nadat hulle na bewering brandstof uit ’n Transnet-pypleiding by Kendal naby Phola in Mpumalanga probeer steel het.

Kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder, het Maandag bevestig die mans van onderskeidelik 28 en 39 jaar oud, is die naweek dood.

Hul name is nog nie bekend gemaak nie omdat hul naasbestaandes nog in kennis gestel moes word.

Sekgotodi sê die vermoede is dat die mans hulself per ongeluk aan die brand gesteek het terwyl hulle brandstof uit die pypleiding probeer steel het.

Die vlamme het meters die lug in geskiet toe die pypleiding aan die brand geraak het.

“Dit is moeilik om te sê wat presies gebeur het, maar die vermoede is dat die kragopwekker wat die twee by hulle gehad het dalk ’n vonk gemaak het,” sê Sekgotodi.

Die vlamme het meters die lug in geskiet toe die pypleiding aan die brand geraak het.

Vroeër is berig lede van die veiligheidsmaatskappy Fidelity Security het die mans Donderdagaand betrap nadat Transnet se beheerkamer ’n daling in die brandstofdruk in die pypleiding opgemerk het.

Die verdagtes, wat baie erg gebrand het, het probeer vlug, maar een van hulle is deur lede van Fidelity op die toneel aangekeer.

Die ander man is later deur die Valke in hegtenis geneem waar hy onder ’n brug weggekruip het.

Die mans is na ’n plaaslike hospitaal geneem en was tot hul dood onder polisiebewaking.

Tydens hul ondersoek het die Valke op ’n wit Mazda-bakkie, ’n kragopwekker en stukke gebrande klere beslag gelê.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Dood  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.