Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 wat glo by plaas wou inbreek gou vasgetrek

’n 22-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Delareyville in Noordwes verskyn nadat mense in die gemeenskap hom en ’n minderjarige seun Saterdag in die Ottosdal-omgewing, waar hulle glo by ’n plaasboer se huis wou inbreek, agternagesit en blitsvinnig vasgetrek het.

“Die voorval het Saterdagmiddag omstreeks 13:30 gebeur toe Piet Prinsloo ’n man betrap wat by sy huis wou inbreek. Hy het dadelik waarskuwingskote met sy vuurwapen afgevuur en die inbreker het die hasepad gekies,” het MJ Nel, ’n lid van die plaaswag, gesê.

Volgens Nel het die plaaswag, boere van die omgewing, sekuriteitsmaatskappye en lede van die groep Ottosdal Burgerlike Beskerming onmiddellik reageer toe Prinsloo hulle oor die voorval in kennis gestel het.

“Alle uitgange in die omgewing is toegemaak. Ons het twee stelle spore, nie ver van die plaashuis nie, opgemerk en dit gevolg. Selfs ’n vliegtuig van ’n boer is ingespan om die omgewing te fynkam. Twee mans is aangekeer waar hulle deur ’n mielieland wou weghardloop. Hulle is aan die polisie oorhandig,” het Nel gesê.

“Onveiligheid en onsekerheid het deel geword van boere se daaglikse bestaan. Omdat ons almal van boere afhanklik is, kan hul probleme nie geïgnoreer word nie. Dit was fantasties om te sien hoe die gemeenskap saamwerk om die booswigte te vang,” het hy gesê.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die 22-jarige man is binne 15 minute deur lede van die gemeenskap aangekeer.

“Die man is na wat verneem word deur ’n seun van 17 jaar oud bygestaan. Die minderjarige is in die sorg van sy ouers geplaas. Albei verskyn Maandag in die hof op ’n aanklag van huisbraak,” het Myburgh gesê.

Meer oor:  Ottosdal  |  Boer  |  Aangekeer  |  Inbrekers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.