Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
21 vas wat geboue in Malvern kaap

21 mense is Dinsdag in hegtenis geneem by twee gekaapte eiendomme in Malvern in die ooste van Johannesburg.

Hulle het die eiendomme na bewering in 2013 en 2014 beset en die eienaar toegang geweier.

Dit is klaarpraat met die kapers van geboue in die stad, sê Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg. Foto: Netwerk24

Die groep het die eienaar van intimidasie beskuldig en beweer hý is die een wat die eiendomme wou kaap, het Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, in ’n mediaverklaring gesê.

Die eienaar het vroeër vanjaar ’n uitsettingsbevel bekom maar die verdagtes het later teruggekeer.

“Ek is verheug dat die eienaar nou weer toegang tot sy eiendomme het,” het Mashaba gesê.

Altesame 31 geboue is volgens hom terug in die hande van hul regmatige eienaars.

Johannesburg se Groep- Forensiese en Ondersoekdienste (GFIS) het die operasie in samewerking met die polisie en die metropolisie uitgevoer, het Mashaba gesê.

“Die verdagtes sal in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van minagting van die hof, onwettige betreding en opsetlike saakbeskadiging.”

Mashaba sê daar is nêrens in Johannesburg plek waar kapers kan wegkruip nie. “Ons sal in samewerking met die polisie en wetstoepassingsowerhede voortgaan om die operasies uit te voer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.