Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
22 800 betaal al inperking-boetes

Meer as 270 000 mense is tot dusver in Suid-Afrika in hegtenis geneem omdat hulle die inperkingsregulasies na bewering oortree het.

Bheki Cele, minister van polisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van die ANC-LP Shahidabibi Shaikh bevestig dat 276 607 mense tusen 28 Maart, toe die inperking begin het, en 19 Junie in hegtenis geneem is. Van hulle het 22 815 reeds ’n skulderkenningsboete betaal, terwyl 199 677 die opsie gegee is om in die hof te verskyn of ’n boete te betaal.

Enigiemand wat ’n skulderkenningsboete betaal, kry outomaties ’n misdaadgeskiedenis.

Boetes het gewissel van R500 vir diegene wat hul huis tydens die aandklokreël verlaat het tot R3 000 vir mense wat onwettige byeenkomste gereël het.

Die departemente van justisie en korrektiewe dienste het in Mei gesê hulle beoog konsepwetgewing wat sal keer dat almal wat skulderkenningsboetes betaal summier ’n misdaadgeskiedenis kry, maar dit is steeds nie duidelik wanneer die nuwe bedeling van krag word nie.

“Dit is iets wat ons al geruime tyd wou hanteer en wat by die komende wetsontwerp op geregtelike aangeleenthede ingesluit sal word,” het John Jeffery, adjunkminister van justisie, gesê. “Die idee is dat ’n skulderkenningsboete nie tot ’n misdaadgeskiedenis sal lei nie.

“Partykeer word die korrekte prosedures nie gevolg nie. Mense word onder druk geplaas om ’n boete te betaal en hulle besef nie dat ’n misdaadgeskiedenis hul regte beïnvloed nie.”

’n Misdaadgeskiedenis kan onder meer werk- en visumaansoeke in die wiele ry.

Jeffery het sy aankondiging op 18 Mei gemaak nadat opposisiepartye in die portefeulje­komitee oor justisie gekla het dat duisende mense met ’n misdaadgeskiedenis gaan sit.

Volgens Cele het die publiek se nakoming van die regulasies “versleg” toe vlak 3 in werking getree het.

Meer oor:  Shahidabibi Shaikh  |  Bheki Cele  |  Covid-19  |  Boetes  |  Regulasies  |  Skulderkenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.