Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
25 reeds dood in Kaapse taxi-geweld
Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, besoek Saterdag die huis van die vermoorde Victor Wiwi, ’n leier in die taxibedryf in Kaapstad. Foto: Verskaf

Sluipmoorde wat met die taxi-oorlog in Kaapstad verband hou, het vanjaar reeds die lewe van 25 mense geëis.

In dié paar maande was daar ’n verdere 11 pogings tot moord in die taxibedryf.

Bonginkozi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het die naweek die gesin van Victor Wiwi, die vermoorde president van die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata), besoek nadat hy en een van sy veiligheidswagte Woensdagaand by die Borcherds Quarry-afrit in Nyanga doodgeskiet is. Nog twee mense het die skietery oorleef.

Madikizela wil Maandag met die Wes-Kaapse leiers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) vergader omdat die leiers in die taxibedryf nie in staat is om die nuwe vlaag van moorde te keer nie.

Hy sê die Wes-Kaapse departement van vervoer het ’n ooreenkoms om geldelike hulp te verskaf aan leiers in die taxibedryf deur onder meer vergoeding vir die vergaderings wat hulle bywoon, kantoorruimte en administratiewe ondersteuning. Leiers in die taxibedryf se onvermoë om die aanvalle te keer, kan dié ooreenkoms in die wiele ry, het Madikizela gewaarsku.

Hy sê die minibus-taxibedryf is noodsaaklik vir die ekonomie van die provinsie en dit vervoer daagliks die meeste mense in die openbare vervoersektor as enige ander manier van openbare vervoer.

Intussen het die polisie in Bellville drie verdagtes met bande in die taxibedryf in hegtenis geneem nadat hulle die bestuurder van ’n huurmotor ontvoer en geld geëis het om die man vry te laat.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die drie verdagtes is blykbaar verbonde aan ’n plaaslike taxivereniging. Hulle het ’n app-vervoerdiens gebruik en toe hulle in die motor was, die bestuurder gedwing om na die taxistaanplek in Bellville te ry. Daar het hulle geld geëis om die man vry te laat.

Die polisie is in kennis gestel en het drie verdagtes in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op ’n Toyota Avanza. Die polisie vermoed dié voertuig is in ’n soortgelyke voorval gebruik waar ’n bestuurder ontvoer is.

Meer oor:  Taxigeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.