Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
253 mense in 48 uur in Tuinroete vasgetrek

Meer as 250 mense is in die Tuinroete vasgetrek vir oortredings van die Wet op Rampbestuur en ander misdrywe soos die besit van dwelms.

Volgens die polisie is 253 mense van Vrydag tot Sondag in hegtenis geneem. Vier inhegtenisnemings was vir gesoekte persone vir ernstige misdade vir wie lasbriewe vir inhegtenisnemings uitgereik is.

Operasies gedurende die naweek het patrollies met hoë sigbaarheid ingesluit, stop-en-deursoekpunte met ’n spesiale fokus op dwelm- en drankafsetpunte, ongelisensieerde vuurwapens, die opsporing van verdagtes en die beslaglegging op gevaarlike wapens.

Altesaam 253 mense is die afgelope naweek vir verskeie oortredings in die Tuinroete in hegtenis geneem.

In Conville in George het polisielede van die Eden-kluster hulle veral toegespits op gevaarlike wapens omdat talle gewelddadige misdade die afgelope tyd oor naweke in die gebied voorgekom het. Agt mense is daar in hegtenis geneem vir klein hoeveelhede dwelms (Mandrax en tik), sowel as gevaarlike wapens soos gemodifiseerde messe en pangas, luidens ’n verklaring.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê by navraag talle mense is in hegtenis geneem omdat hulle die aandklokreël verontagsaam het. “Die mense was óf op straat, óf dit is sakeondernemings wat steeds oop was nadat die aandklokreël begin het.”

Volgens genl.maj. Oswald Reddy, polisiehoof van die Eden-kluster, het die analise van misdaad getoon dat die konfiskering van gevaarlike wapens voorkom dat ander ernstige misdade gepleeg word, soos moorde, rooftogte, aanrandings en gesinsverwante geweld.

By talle polisiestasies in die Eden-kluster word lae volumes ernstige en kontakmisdade gedurende naweke aangemeld.

Van die gevaarlike wapens en dwelms wat die afgelope naweek in die Tuinroete gevind is.
Meer oor:  Tuinroete  |  Misdaadvoorkoming  |  253 Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.