Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
282 die naweek in S-Kaap vasgetrek

Meer as 280 mense is die afgelope naweek in die Suid-Kaap in hegtenis geneem weens oortredings wat van die besit van dwelms tot oortredings van die aandklokreël wissel.

Die polisie in die Eden-polisiëringsgroep het van Vrydag tot Sondag verskeie misdaadvoorkomingsoperasies van stapel gestuur in gebiede wat gewoonlik onder misdaad deurloop.

Drank- en dwelm-afsetpunte is besoek, motors is deursoek en verskeie beslagleggings is gedoen. Altesame 282 mense is in hegtenis geneem.

Vrydag was die Eden-groep se misdaadbestrydingspan op patrollie in Conville, George, toe hulle ’n man by Ellen Vena-straat in Lawaaikamp opmerk. Die man het weggehardloop, maar is deur die polisie ingehaal. Daar is 50 sakkies met tik en 23 Mandrax-tablette in sy besit gevind. Die 36-jarige man is op aanklag van die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Die rugsak met dwelms wat in die Tata Bolt buite Knysna gevind is.

Later dieselfde aand is nog vier mans in Conville in hegtenis geneem nadat klein hoeveelhede Mandrax en tik by hulle gevind is.

Saterdag omstreeks 16:30 was die polisie besig om voertuie na te gaan by ’n deursoekpunt naby Brackenhill net buite Knysna. ’n Wit Tata Bolt is gestop en deursoek. Die polisie het op ’n rugsak vol dwelms afgekom. Die rugsak het blykbaar aan ’n insittende in die motor behoort. Daar is ook op tien Mandrax-tablette en ’n klein hoeveelheid tik beslag gelê. ’n Man van 38 jaar is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms.

Nog inhegtenisnemings die naweek sluit in mense vir wie daar uitstaande lasbriewe vir inhegtenisneming was.

Die mense wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in plaaslike landdroshowe verskyn, sê die polisie in ’n verklaring.

Van die dwelms wat die afgelope naweek deur die polisie in die Suid-Kaap gevind is.
Meer oor:  Suid-Kaap  |  Vasgetrek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.