Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
284 vas ná polisie, weermag in Kaapstad toeslaan

Die polisie het van Donderdag tot Sondag met die hulp van die weermag 284 mense in operasies in Kaapstad in hegtenis geneem as deel van Operasie Lockdown.

Dié mense is voorgekeer tydens klopjagte, padversperrings en deursoekoperasies in dele van die polisieklusters in Khayelitsha, Blue Downs, Nyanga, Mitchells Plain, Kaapstad en Tygerberg.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap.Foto: Malherbe Nienaber

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, is 98 in verband met klagte van moord, poging tot moord, verkragting, diefstal en inbrake gesoek, luidens ’n verklaring wat die polisie in die Wes-Kaap Maandag uitgereik het.

Tien mense is in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens of ammunisie aangekeer en op vyf vuurwapens is beslag gelê.

Verder is 11 mense in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank, 67 vir die besit van dwelms, 29 vir onwettige handel in drank en 37 vir die besit van gevaarlike wapens.

Die polisie het op 43 messe en 1 796 liter drank beslag gelê.

“Groot padversperrings is op hoofweë soos die N2, N7 en N1 vir misdaadvoorkoming uitgevoer.”

Die polisie het Operasie Lockdown in Julie begin om in te gryp teen ernstige en geweldsmisdade, veral op die Kaapse Vlakte.

Die provinsiale regering het intussen Maandag bevestig dat die moordsyfer oor naweke in die Kaapstad-metro en omliggende dele van 47 voorverlede naweek tot 34 verlede naweek gedaal het.

Onder dié sterftes is 21 glo weens skietvoorvalle, ses weens mesaanvalle en sewe weens ander beserings.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, sê in ’n verklaring hy is verlig om te sien dat die moordsyfer oor die naweek gedaal het, “maar dit bied min troos vir die 34 families wat oor die dood van hul geliefdes rou”.

“Ons moet werk totdat dit nul is en niks meer nie.”

Volgens Winde begin gemeenskapslede, wat eers positief was oor die ontplooiing van die weermag, wonder of dit doeltreffend is.

“Met ’n groot aantal van die sterftes oor die naweek wat in dié brandpunte plaasgevind het, moet ons vra of die beloftes wat die polisie ten tyde van ontplooiing aan Wes-Kapenaars gemaak het, nagekom word.”

Volgens die provinsiale regering se syfers was vyf van die mense wat oor die naweek vermoor is, in Delft en vier in Gugulethu.

Drie moorde is elk in Manenberg en Philippi aangemeld en twee elk in Khayelitsha, Langa en Harare.

Die res van die moorde was in Athlone, Kraaifontein, Lwandle, Grabouw, Somerset-Wes, Mfuleni, Mitchells Plain, Nyanga, Parow, Philippi-Oos, Steenberg, Lingelethu en Samora Machel.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ook benadruk dat hoewel die moordsyfer die afgelope naweek afgeneem het, bly dit steeds te hoog en is “een moord een te veel”.

Meer oor:  Operasie Lockdown  |  Alan Winde  |  Albert Fritz  |  Weermag-Ontplooiing  |  Inhegtegisname  |  Misdaad  |  Weermag  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.