Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2de meeste moorde in KZN gepleeg
Verusha Padayachee, haar man, Roland Pillay, en hul vierjarige dogtertjie voordat albei dood is in vermoedelik ’n gesinsmoord.Foto: Facebook

Verusha Padayachee, ’n jong ma van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal (KZN), is op 26 Augustus in haar tuisstad verwurg.

Haar vervreemde man, Roland Pillay, is daarna as ’n verdagte geïdentifiseer. Sy lyk is op 4 September in ’n lodge in Durban gevind, waar hy homself vermoedelik opgehang het.

Nou sit die familie van dié ma van ’n vierjarige dogter met meer vrae as antwoorde. Padayachee is nou ook deel van die land en haar provinsie se moordstatistieke.

Volgens die jongste misdaadstatistieke vir KZN wat Donderdag bekend gemaak is, was daar in dié provinsie vanaf April 2018 tot Maart 2019 ’n skokkende 4 395 moorde – 13 meer as in die vorige boekjaar. KZN is ook die provinsie in Suid-Afrika waar die afgelope boekjaar die tweede meeste moorde gepleeg is.

dd

Die meeste moorde was in Gauteng (4 495). Die Wes-Kaap is die provinsie waar die derde meeste moorde (3 974) gepleeg is. Die minste moorde is in die Noord-Kaap (322) gepleeg.

Vragmotorkapings is die misdryf wat die afgelope boekjaar die skerpste toegeneem het in KZN – met byna 54%. Daar was 80 voorvalle teenoor 52 voorvalle die vorige boekjaar. Ook handelsmisdrywe het toegeneem, van 12 308 voorvalle in die vorige boekjaar tot 14 899 in die mees onlangse boekjaar. Dis ’n toename van 21,1%.

Alle kontakmisdrywe in KZN het toegeneem sedert die vorige boekjaar. Dit sluit misdrywe in soos moord, poging tot moord, alle seksuele oortredings en aanranding. Dié misdrywe het die afgelope boekjaar met 2,7% toegeneem. Daar was die afgelope boekjaar 97 505 voorvalle in dié kategorie misdrywe in KZN.

Misdrywe wat die meeste hier voorkom, sluit onder meer in dwelmverwante oortredings, waarvan daar 35 358 voorvalle die afgelope boekjaar was. Dis ironies genoeg ook die misdryf wat die skerpste afgeneem het sedert die vorige boekjaar, toe daar 53 987 voorvalle was. Dis ’n afname van byna 35%.

Huisinbrake is ook van die misdrywe wat die afgelope boekjaar die meeste in KZN voorgekom het, met ’n totaal van 38 790 voorvalle. Dit het met 0,6% toegeneem sedert die vorige boekjaar. Aanranding met die doel om ernstig te beseer kom ook algemeen voor, met 26 878 voorvalle in die mees onlangse boekjaar. Ook dié misdryf het effens toegeneem sedert die vorige boekjaar, met 0,7%.

Meer oor:  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.