Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 afgemaai by taxi-staanplek

Inwoners van die geweldgeteisterde Nyanga informele nedersetting in Kaapstad vrees wraakaanvalle nadat taxi-geweld in die gebied drie lewens geëis het.

Die toneel by Nyanga-taxistaanplek waar drie mans Vrydag koelbloedig doodgeskiet is.

Drie mans, almal in hul veertigs, is Vrydag koelbloedig doodgeskiet toe gewapende mans ’n taxivergadering by die Nyanga-taxistaanplek bestorm en op hulle losgebrand het.

Die gemeenskap eis nou kringtelevisie by die taxi- en busstaanplek, sodat die gebied vir die duisende pendelaars wat daagliks daar saamdrom, beveilig kan word.

“Mense is hoogs ontsteld en getraumatiseerd deur die taxi-geweld by die Nyanga-taxistaanplek en dit is nou tyd dat daar kameras opgestel word sodat hierdie misdadigers geïdentifiseer kan word,” het Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-gemeenskapsforum, gesê.

Makasi het wetstoepassingsagentskappe aangemoedig om saam te werk. “Dit is nie net ’n taxi-oorlog nie, dis geteikende sluipmoordaanvalle,” sê hy.

Die GPF-voorsitter voeg by dat dit selfs beter sal wees as die Kaapse metroraad die bestuur van die taxistaanplek oorneem om wet en orde vir pendelaars én taxi-operateurs te bewerkstellig.

Sers. Noloyiso Rwexana sê teen Sondagmiddag het die polisie nog niemand in hegtenis geneem nie.

Rwexana het inwoners versoek om die polisie se stopmisdaadnommer by 0800 10 111 te skakel met enige inligting rakende die voorval.

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.