Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 betrap met 37 sakke perlemoen by padblokkade

’n Man van Hawston, ’n Kapenaar en ’n Chinese man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle in ’n polisie-padblokkade in Bothasig met perlemoen betrap is.

Lt.kol. André Traut, die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het op die onwettige perlemoen afgekom toe twee afleweringsvoertuie by die padblokkade in De Grendelweg gestop en deursoek is.

“In die voertuie is 37 sakke perlemoen gevind. Die departement van landbou, bosbou en visserye moet nog die hoeveelheid en waarde bepaal,” het Traut gesê. Die drie mans, almal in hul 50’s, sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Goodwood verskyn.

Die polisie lê beslag op 37 sakke perlemoen wat in twee afleweringsvoertuie gevind is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Goodwood  |  Perlemoen  |  Padblokkade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.