Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 blitsig op Seinheuwel aangekeer ná aanval op stappers

Drie mans is Vrydagmiddag aangekeer kort nadat hulle ’n groep stappers op Seinheuwel glo aangeval en een van die stappers beroof het.

Die voorval het omstreeks 12:30 op die Signal Hill-Jeep-spoor gebeur.

Sanparke sê op sy Facebook-blad Sanparke – Tafelberg Nasionale Park die mans is in ’n gesamentlike optrede aangekeer.

Veldwagters het gehoor hoe ’n groep van tien stappers skreeu. Een van die stappers is beroof. Drie verdagtes is geïdentifiseer en veldwagters is in kennis gestel en ontplooi.

Veldwagters en ’n reaksiespan van die noordelike seksie is gemobiliseer en het die gebied met behulp van die polisie en die vloot gedek.

Die verdagtes se bewegings kon met behulp van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras van die Tafelberg-sweefspoor nagespoor word wat daartoe gelei het dat hulle vinnig aangekeer is.

Die vermeende rowers is daarna aan die polisie oorhandig. Beamptes het ook die gebied deurgesoek en verskeie items, waaronder ’n silwer slagtersmes, gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.