Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 breek uit polisieselle in Kriel
Njabulo Nelson Khoza Foto: Verskaf
Siyabonga Mlotshwa Foto: Verskaf

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir drie aangehoudenes wat Woensdag uit die selle van die Kriel-polisiekantoor ontsnap het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê Siyabonga Mlotshwa (18), Thabo Motaung (24) en Njabulo Nelson Khoza (35) staan op aanklagte van roof, die besit van dwelmmiddels, huisbraak en die oortreding van die Wet op Immigrasie tereg. Hulle het glo deur ’n gat in die muur ontsnap.

“Ontsnapping uit wettige aanhouding sal nou by die klagstaat gevoeg word,” het Hlathi gesê.

Enigiemand met inligting oor die voortvlugtendes kan die ondersoekbeampte, speursers. Sipho Nkuna, by 072 790 9238 bel of die Stopmisdaadnommer 08600 10111 skakel.

Die polisie het net foto’s van twee van die voortvlugtendes uitgereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.