Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 buitelanders vas toe Valke op sindikaat toeslaan

Die Valke het Donderdag drie buitelanders in Johannesburg in hegtenis geneem en op renosterhoring beslag gelê in ’n deursoekingsoperasie.

Die Valke het Donderdag op hierdie twee voertuie beslag gelê toe drie buitelandse sindikaatlede in Johannesburg vasgetrek is. Foto: SAPD

Volgens die Valke in Mpumalanga word daar vermoed die verdagtes wat aangekeer is, is die “baasbreine” van ’n stropingsindikaat.

Drie persele is deursoek en ’n Chinese burger en twee Taiwannese burgers tussen 45 en 53 jaar is vasgetrek.

Twee renosterhorings en twee voertuie met ’n gesamentlike waarde van R700 000 is tydens die operasie gekonfiskeer, terwyl daar ook op R70 500 in kontant beslag gelê is.

Kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder in Mpumalanga, sê dat ondersoeke steeds die sindikaat se bedrywighede ontbloot en dat nog mense gearresteer gaan word.

Die drie buitelanders sal Vrydag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

Die Valke het Donderdag ’n “geïntegreerde span van kenners” in Gauteng ontplooi om lasbriewe tot uitvoering te bring nadat renosterhoring glo by sindikaatlede in Johannesburg gekoop is.

Dit volg ná ’n jaarlange ondersoek deur die Valke in Middelburg, Mpumalanga, wat ’n “berugte Chinese sindikaat” geïnfiltreer het wat renosterhoring na lande in Suidoos-Asië smokkel.

“Verskeie transaksies is oor ’n jaar gemaak met dié Chinese sindikaat wat hul onwettige smokkelary in renosterhoring in Gauteng voortsit. Die sindikaat het deeglik gewerk om wetstoepassers te systap. Dit het die ondersoek moeilik gemaak,” sê Sekgotodi 

Die Valke se ondersoek het Sanparke, die batebeslagleggingseenheid, misdaadintelligensie, die forensiese laboratoriumdienste, ’n spesiale taakmag, die departement van binnelandse sake, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en Mpumalanga se raad van parke betrek.

Meer oor:  Valke  |  Johannesburg  |  Sindikaat  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.