Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 by Upt-gastehuis vas ná rooftog in Grootdrink
Die motor waarin die verdagtes gevlug het, is op veiligheidskameras vasgevang.
Die polisie het op sigarette, wapens, selfone en kontant beslag gelê wat in die verdagtes se besit gevind is.
Die drie verdagtes wat by ’n gastehuis in Upington aangekeer is nadat hulle na bewering Dinsdagmiddag 'n winkel in Grootdrink beroof het.

Drie vermeende rowers wat na bewering ’n winkel in Grootdrink beroof het, is Dinsdagaand by ’n gastehuis in Upington aangekeer.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê gewapende verdagtes het omstreeks 13:00 die winkel beroof en met sigarette, ’n bedrag kontant, lugtyd en selfone weggekom.

Hulle het in ’n blou Nissan Tiida in die rigting van Upington gevlug.

Kaap Agri en die Grootdrink-winkel het, nadat die nuus van die rooftog aan die lig gekom het, dadelik hul deure gesluit terwyl die polisie na die rowers gesoek het.

Masegela sê die Z.F. Mgcawu-hoofwegpatrollie en die polisie se misdaadvoorkomingseenheid is ontplooi.

Die motor is Dinsdagaand by ’n gastehuis in Upington opgemerk, waarna die polisie toegeslaan het.

“Die polisie het toegeslaan en verskeie items wat glo in die rooftog gebuit is in die verdagtes se besit gevind.”

Twee pistole wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is, is ook gevind.

Die verdagtes is by die gastehuis in hegtenis geneem. Masegela wou nie die naam van die gastehuis gee nie.

Sy sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes moontlik ook met ’n gewapende rooftog in Campbell verbind kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.