Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 dood in PE in waarskynlik geteikende sluipmoorde

Vier mans, insluitend ’n voormalige raadslid van die metroraad en ’n onderwyser, is in drie aparte voorvalle in geteikende sluipmoorde in Port Elizabeth doodgeskiet.

Al die moorde het Donderdag in verskillende gebiede in die Motherwell-kluster plaasgevind.

Vusi Mini (50) en sy onderwyservriend, Anele Dayimani (41), is om 20:30 in Nhosestraat in Zwide doodgeskiet terwyl hulle in ’n motor gesit en gesels het.

Volgens die polisie het die mans in ’n wit Opel Corsa gesit, wat naby Anele se broer se huis geparkeer gestaan het. Onbekende mans het skote op die motor geskiet. Anele se broer het toe hy die skote hoor klap ondersoek gaan instel en hulle dood aangetref. Hy het die polisie ontbied.

In nog ’n skietvoorval in Dakuweg in Kwazakhele, is Mzoli Ntlanti (35) om 19:40 doodgeskiet. Ntlanti is per ambulans na die Dora Nginza-hospitaal gehaas, maar hy is dood voordat die ambulans die hospitaal kon bereik.

Die identiteit van sy moordenaar is steeds onbekend.

Om 11:30 is ’n man wat in Gqwarustreet in Motherwell uit ’n wit Chevrolet Aveo geklim het doodgeskiet.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê drie mans het uit die Aveo geklim. Twee van dié mans het die derde persoon op kort afstand geskiet. Luidens Beetge het die slagoffer ná die skoot probeer vlug deur weg te hardloop en oor heinings te spring, maar sy aanvallers het met hom opgevang en hom weer geskiet. Hy is op slag dood. Sy aanvallers het in die motor weggejaag.

Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.

Volgens Beetge is die motief vir al die moorde steeds onbekend, maar die polisie vermoed dit was geteikende moorde.

Enigeen met inligting kan lt.kol. Willie Mayi by 082 697 5914 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.