Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 dood in skietgeveg tussen polisie, ‘transitorowers’

Twee vermeende transitorowers en ’n polisiekonstabel is Vrydagoggend in ’n skietgeveg doodgeskiet nadat polisie op ’n huis in Dalpark in Brakpan toegeslaan het.

19 lede van die bende, wat na bewering besig was om ’n transitoroof te beplan, is in hegtenis geneem.

Twee van die rowers is doodgeskiet en ’n onbekende aantal van hul makkers het van die toneel gevlug.

Die polisie het die verdagtes, wat intussen ’n Volkswagen Golf gekaap het, agternagesit.

“’n Polisiekonstabel is in ’n oor-en-weer-skietery gewond. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk terwyl die verdagtes te voet gevlug het,” sê kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder.

Volgens Muridili is beslag gelê op nege motors en nege vuurwapens. Vier van die motors wat teruggekry is, is glo gesteel of gekaap. Daar is ook beslag gelê op ammunisie en plofstof.

“Die span volg alle leidrade op om die verdagtes op te spoor,” sê sy.

Die 19 verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die landdroshof in Brakpan verskyn.

Hulle staan tereg op moord, sameswering om ’n roof te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van plofstof en die besit van gesteelde eiendom.

Polisielede arresteer van die verdagtes ná Vrydag se skietery in Dalpark, Brakpan. Foto: SAPD

Meer oor:  Brakpan  |  Polisie  |  Skietery  |  Misdaad  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.