Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 dood in skietvoorvalle in PE

Twee afsonderlike skietvoorvalle het Sondag die lewe van drie mense in die Motherwell-polisiegebied in Port Elizabeth geëis.

In die eerste voorval is twee mans die oggend omstreeks 07:00 voor ’n kuierplek in Lamanistraat in ’n motor geskiet. Die aanvaller het blykbaar op die motor afgepyl en op die insittendes van die motor losgebrand en toe weggehardloop.

Lunkanyo Tulwana (22) en Siyanda Xaluca (27) is in die kop geskiet.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die motorbestuurder is ongedeerd en hy het dadelik met die twee insittendes na ’n nabygeleë hospitaal gehaas, maar Tulwana en Xaluca is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens die polisie se inligting het die aanvaller nie ’n woord gesê of iets gevat voordat hy skote op die twee slagoffers afgevuur het nie.

Volgens die polisie se inligting het die aanvaller nie ’n woord gesê of iets gevat voordat hy skote op die twee slagoffers afgevuur het nie.

Die polisie se aanvanklike ondersoek dui daarop dat albei slagoffers geen vorige veroordelings het nie en die motief vir die aanval is tans nog onbekend.

Twee sake van moord en ’n saak van poging tot moord word ondersoek.

In ’n onverwante voorval het ’n skietery later die aand om 23:00 in ’n huis in die NU-Agt-gebied in Motherwell plaasgevind.

Vier mans het blykbaar by ’n opslaanhuis opgedaag en na ’n spesifieke man gesoek.

Die inwoner van die huis het gesê die man woon nie daar nie.

Die inwoner se ma (48) het kort daarna uit haar kamer geskree en die vier mans weggejaag, waarna die vier mans glo by haar kamer ingebars en haar in die kop geskiet het.

Die vier mans het die opslaanhuis verder deursoek en op ’n meisie (15) en haar vriend (27) in ’n ander kamer afgekom. Enkele skote is ook op die paartjie afgevuur, voordat die vier mans gevlug het.

Die meisie is in haar maag getref en haar vriend in sy arm. Albei het die aanval oorleef.

Volgens Beetge vermoed die polisie tans dat die aanval moontlik bendeverwant is, maar verdere ondersoek moet nog gedoen word.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die twee voorvalle nie.

Meer oor:  Siyanda Xaluca  |  Lunkanyo Tulwana  |  Pe  |  Dood  |  Skietvoorvallle  |  Drie Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.