Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 dood toe bestuurder, kapers op mekaar skiet

Drie mense is Saterdagoggend noodlottig gewond op die R50-pad naby Delmas nadat ’n skietery tussen twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, en ’n bestuurder van ’n bakkie wat hulle probeer kaap het, uitgebreek het.

Al drie mans is op die toneel dood verklaar.

Volgens Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het die voorval net ná 08:00 Saterdag gebeur toe die twee mans die bestuurder van ’n Toyota Hilux-bakkie op die R50-pad naby Delmas voorgekeer en probeer kaap het.

“Die bestuurder van die bakkie het besef wat aan die gebeur is en het hom teëgesit. ’n Skietery tussen die mans het uitgebreek, wat tot die dood van al drie gelei het.”

Die pad is intussen vir verkeer gesluit.

Die polisie is steeds op die toneel.


Meer oor:  Delmas  |  Kapers  |  Skiet  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.