Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 gee glo voor hulle is van polisie, skiet man dood

Drie mans wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het, het Donderdagoggend ’n man by sy huis aan die buitewyke van Port Elizabeth doodgeskiet.

Gregory Hough (57) is vermoedelik na sy huis agtervolg nadat hy by ’n kitsbank was.

Die voorval was omstreeks 04:00 by die Bloza-nedersetting in Elandsrivier by Rocklands.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Hough het blykbaar vroeër die oggend die huis verlaat om geld te gaan onttrek.

Volgens Hough se familie het hy as ’n sogenaamde skopper (iemand wat op ’n informele wyse geld uitleen) gewerk.

Die vermoorde Gregory Hough se huis in die Bloza-nedersetting in Elandsrivier by Rocklands, is nog tot Donderdagoggend laat deur die polisie afgesper. Foto: Lulama Zenzile

Oomblikke nadat Hough Donderdagoggend weer by sy huis aangekom het, was daar ’n klop aan die deur.

Toe Hough die kloppers vra om hulself te identifiseer, het ’n stem agter die deur glo gesê hulle is van die polisie.

Nog voor Hough die deur kon oopmaak, is die voordeur oopgeskop.

Drie onbekende mans het die huis binnegedring, Hough en sy gesin met ’n vuurwapen gedreig en geld geëis.

“Hough en die verdagtes het handgemeen geraak, waartydens ’n skoot afgevuur is wat hom in die been getref het,” sê Janse van Rensburg.

Hough het glo na sy kamer gevlug en die deur toegemaak voor hy dood is.

Intussen het die verdagtes in ’n onbekende voertuig gevlug.

Polisielede en speurders fynkam die Bloza-nedersetting vir leidrade. Foto: Lulama Zenzile

Hough se gesin is nie in die voorval beseer nie.

Dit is nog nie seker of enige geld tydens die voorval geroof is nie.

Die Mountweg-polisie se triomisdaad-taakspan het volgens Janse van Rensburg Donderdagoggend vroeg met ’n soektog na die moord- en roofverdagtes begin.

Sy het ook daarop gewys dat dit onwettig is om as ’n sogenaamde skopper te werk.

Met die feestyd om die draai het sy ook ’n beroep op lede van stokvelklubs gedoen om voorsorgmaatreëls te tref om te verseker dat hul geld veilig is.

“Dié tyd van die jaar word duisende rande onttrek om aan klublede uit te betaal. Die polisie beveel aan dat in plaas daarvan dat groot bedrae kontant onttrek word, lede eerder moet reël dat uitbetalings elektronies na klublede se persoonlike rekeninge oorgeplaas word.

“Sodoende word groot bedrae kontant nie rondgedra nie.”

* Enigeen met inligting rakende die moordsaak kan Kabegapark-polisiekantoor by 041 397 6800 bel.

Meer oor:  Rocklands  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.