Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 geldwagte by sentrum in Kuilsrivier beroof

Drie geldwagte is Maandagoggend by ’n kitsbank by die Zevenwacht-winkelsentrum in Kuilsrivier, Kaapstad, beroof.

Volgens kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, is die wagte by ’n Standard Bank-kitsbank ontwapen en van ’n onvermelde bedrag geld beroof.

Muridili sê volgens inligting het drie rowers die wagte beroof en in ’n silwergrys Ford Figo weggejaag.

Volgens personeel by die winkelsentrum het die voorval so vinnig gebeur dat die meeste mense eers besef het daar is fout toe die polisie op die toneel aangekom het.

“Ek weet steeds nie wat presies gebeur het nie en ek werk hier,” het ’n winkelklerk aan News24 gesê.

’n Motorwag wat naby die Standard Bank-ingang werk, het ook nie besef ’n misdaad is slegs enkele meter van waar hy gestaan het, gepleeg nie.

Die voorval kom nadat Bheki Cele, minister van polisie, met die onlangse bekendmaking van die kwartaallikse misdaadsyfers erken het die polisie moet hul benadering tot transitorooftogte verander “aangesien die huidige plan wat in plek is nou duidelik nie werk nie”. - News24


Meer oor:  Standard Bank  |  Bheki Cele  |  Kuilsrivier  |  Kaapstad  |  Kitsbank  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.