Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 gesoek ná gewapende roof in Oudtshoorn

Die polisie in Oudtshoorn in die Klein-Karoo is op soek na drie rowers wat helder oordag ’n restauranteienaar in die dorp beroof het.

Die voorval het Maandag omstreeks 11:40 gebeur toe die eienaar buite die onderneming deur drie mans oorval is. Een van hulle het die eienaar met ’n pistool gedreig.

“Hulle het sy motor gevat en weggejaag,” sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

“Hulle het ook kontant gesteel. Die voertuig is nie lank daarna nie verlate gevind en daar was geen teken van die verdagtes of die geld nie.”

Volgens Pojie het die mans Engels gepraat. Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Soektog  |  Gewapende Roof  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.