Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 gesoek wat gasteplaas in Franschhoek beroof
’n Deel van die La Ferme-gasteplaas. Foto: www.laferme.co.za

Die polisie soek na ’n groep rowers wat Vrydagaand op ’n gasteplaas in Franschhoek toegeslaan het.

Drie aanvallers het omstreeks 20:00 van die werkers op die gasteplaas La Ferme oorrompel en vasgebind voordat hulle met veral kombuistoestelle en vermoedelik ’n selfoon en kontant gevlug het.

Hoewel die mense hardhandig behandel is, is niemand beseer nie, sê Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidelike streek.

Volgens inligting het drie rowers die werkers oorrompel. Dit is nog onduidelik hoe die rowers toegang tot die plaas verkry het.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n saak van huisroof word ondersoek.

Die gasteplaas is om kommentaar genader, maar die eienaar het nie onmiddellik gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.