Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Wag koelbloedig by vulstasie doodgeskiet
WAARSKUWING: Die video by hierdie berig kan sommige kykers ontstel. 

Die polisie in Port Elizabeth is op soek na drie mense wat ’n veiligheidswag doodgeskiet en van sy vuurwapen beroof het.

Hulle het Donderdag omstreeks 19:00 op Dumisa Tyendiso (29) toegeslaan terwyl hy in ’n maatskappybakkie by ’n vulstasie in Motherwell gesit het.

Die drie gewapende mense het Tyendiso genader en sonder waarskuwing op hom losgebrand.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê Tyendiso het uit die bakkie gespring om te probeer wegkom, maar hy is verskeie keer in die bene en bolyf geskiet.

Volgens Beetge is Tyendiso se .38-special en sy selfoon gebuit, voor die aanvallers in die bakkie gevlug het.

Die bakkie is ongeveer tien minute later in Mlimanestraat, net meer as ’n kilometer van die vulstasie verlate aangetref.

Beetge sê die polisie gaan forensiese toetse op die bakkie doen.

Geen deurbraak was teen Vrydagoggend gemaak nie.

Enigeen wat die polisie in hul ondersoek na die moord kan help, kan lt.kol. Willie Mayi van die Oos-Kaapse georganiseerde misdaadondersoekeenheid, by 082 697 5914 bel.

Dumisa Tyendiso Foto: Facebook, Dumisa Tyendiso

Meer oor:  Motherwell  |  Moord  |  Rooftog  |  Veiligheidswag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.