Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 gevaarlike mans ontsnap uit polisieselle

Drie gevaarlike verhoorafwagtendes het vroeg Woensdagoggend uit die polisieselle op Tinmyne buite Mokopane in Limpopo ontsnap.

Dié ontsnappings is nie die eerste by hierdie polisiekantoor nie. Ses gevangenes het in November ook op raaiselagtige wyse uit die Tinmyne-polisieselle ontsnap maar is later weer aangekeer.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n interne ondersoek gaan gedoen word om vas te stel of polisielede moontlik die drie mans Woensdag omstreeks 01:45 gehelp ontsnap het.

Mojapelo sê Moses Kgathola Kekae (34) staan op twee aanklagte van moord en aanklagte van poging tot moord, diefstal en aanranding tereg.

“Hy is uiters gevaarlik en het verlede jaar vermoedelik sy eie ma aangerand en vermoor.”

Kekae het in Oktober 2019, toe hy in hegtenis geneem is, ’n polisiekaptein en ’n sersant met ’n mes aangeval.

Philip Chokwe (35), wat in aanhouding was weens ’n beweerde verkragting, het saam met Kekae ontsnap.

Die derde man wat Woensdag ontsnap het, is William Motshudi (20), wat op klagtes van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem is.

Die drie mans moes onderskeidelik Vrydag, Dinsdag en Donderdag in die landdroshof in Mahwelereng verskyn het.

’n Reuse-soektog is onderweg na die drie ontsnaptes.

Intussen is Lucky Mashava (25), ’n Zimbabwiër, wat verlede week uit die Hlanganani-polisieselle buite Giyani ontsnap het, steeds op vrye voet.

Mashava staan tereg op nege ernstige misdrywe wat moord, huisroof, sakeroof en inbrake by huise in Giyani insluit. Hy het glo die misdrywe tussen Junie 2018 en Februarie vanjaar gepleeg.

Mojapelo sê die publiek moenie probeer om enige van die ontsnaptes aan te keer nie.

Mense wat inligting het oor die ontsnaptes van Tinmyne kan ao. Frans Ngobeni by 078 157 7670 bel.

Enigiemand met inligting kan ook kapt. Walter Marivate by 082 468 8673 bel of die polisie se noodnommer, 10111, skakel.

Meer oor:  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.