Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 in hegtenis ná rooftog by drankwinkel in PE

Drie mense is aangekeer nadat ’n drankwinkel in New Brighton, Port Elizabeth, Sondagaand onder diewe deurgeloop het. Dit is minstens die tweede winkel in die stad wat die naweek beroof is.

Die inbrake kom te midde van die staat van inperking waartydens daar ingevolge die regulasies vir 21 dae lank landwyd geen drank verkoop mag word nie.

Die roldeur van die Boxer-drankwinkel in Njolistraat, New Brighton, is Sondagaand vermoedelik met ’n breekyster oopgedwing waarna ’n groep mense glo die winkel binnegestorm en drank weggedra het.

Volgens die polisie het die breekyster en verskeie bottels drank met hul aankoms in die winkel se voordeur gelê.

Die deure van die winkelsentrum in Njolistraat, New Brighton, was Maandagoggend gesluit nadat die Boxer-drankwinkel Sondagaand beroof is. Foto: Lulama Zenzile

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê ’n polisiebeampte is omstreeks 20:15 deur ’n gemeenskapslid buite die KwaZakhele-polisiekantoor genader en van die voorval ingelig.

“Met hul aankoms by die winkel het hulle mense met drank in verskillende rigtings gesien hardloop,” sê Beetge.

Twee mans en ’n vrou is in hegtenis geneem nadat hulle glo met drank in hul besit op die perseel betrap is.

Beetge sê die drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar verdere ondersoek was nog Maandagoggend aan die gang om vas te stel of hulle aangekla sal word.

Dit is onbekend wat die waarde van die drank is wat gesteel is.

’n Saak van inbraak by ’n sakeperseel word ondersoek.

Diewe het Saterdagaand by die Picardi Rebel-drankwinkel in Korsten ingebreek. Foto: Lulama Zenzile

In nog ’n voorval is ’n Picardi Rebel-drankwinkel, sowat 8 km verder in Korsten, deur diewe geteiken.

Die diewe het Saterdagaand toegang deur die winkel se dak verkry.

Justin Morgan, streekouditeur van Picardi Rebel, het Maandag gesê hulle doen nog voorraadopname om vas te stel hoeveel drank gebuit is.

Hierdie voorval is die drankgroep se eerste inbraak in die Oos-Kaap, en vierde landwyd sedert die begin van die inperkingstydperk.

Hy sê hulle was die soort inbrake te wagte en verskerp nou die veiligheidsmaatreëls by die res van hul drankwinkels in die Nelson Mandelabaai-metro.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Drankwinkel  |  Inperking  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.