Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 in hof wat glo toeris met mes aanval

Die polisie in die Oos-Kaap het drie beskuldigdes aangekeer wat daarvan verdink word dat hulle ’n Switserse toeris met ’n mes in die bolyf gesteek en van geld beroof het.

Die mans is Saterdag deur die polisie opgespoor toe hulle met die 51-jarige man van Switserland se gesteelde geldsak, gevul met buitelandse geldnote, in hul besit betrap is. Hulle is by die Mission-nedersetting naby Butterworth in hegtenis geneem.

Die toeris is op 7 Februarie in Butterworth aangeval en beroof. Na verneem word het hy by ’n plaaslike hotel in die dorp tuisgegaan en daardie aand rondom 19:00 besluit om kos te gaan koop. Hy is oorrompel terwyl hy geld in sy motor gaan haal het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die toeris word in ’n plaaslike hospitaal behandel en sy toestand is stabiel.

Die drie verdagtes het Maandag in die landdroshof in Butterworth op aanklag van roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer voorgekom.

Meer oor:  Kapt. Jackson Manatha  |  Oos-Kaap  |  Beroof  |  Toeris  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.