Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 in Kaapstad aangekeer oor kokaïen in skiboot
Die kokaïen ter waarde van ongeveer R400 miljoen waarop die Valke beslag gelê het.

Nog drie verdagtes is in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die vervoer van kokaïen in ’n skiboot. Die kokaïen het ’n straatwaarde van ongeveer R400 miljoen.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die drie verdagtes, Rafiek Baderoen (44), Rashied Baderoen (48) en Michael Norman (38), het reeds in die landdroshof in die Strand verskyn. Hulle is intussen onder swaar polisiebewaking na Gauteng gebring waar hulle Maandag in die landdroshof in Pretoria sal verskyn.

Volgens Nkwalase is Neil Pieter van Zyl (39) op 2 Junie op die N1 in Pretoria in hegtenis geneem. Van Zyl het na bewering met sy bakkie ’n vrag van 800 kg saamgeperste kokaïen in ’n skiboot vervoer toe hy deur die polisie van die pad afgetrek is.

“Van Zyl sal saam met die ander drie verdagtes Maandag in die hof op aanklagte van dwelmhandel verskyn,” sê Nkwalase.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kokaïen  |  Skiboot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.