Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3-jarige se lyk in veld gekry

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na die vermeende moordenaar van ’n driejarige seun.

Volgens kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, is die kind tussen Sondag en Maandag in die vroeë oggendure vermoor. Sy lyk is Maandag omstreeks 07:00 in ’n veld naby die Nkwanca-plakkerskamp in Queenstown gekry.

Volgens die polisie het die kind kopbeserings gehad en is ’n moorddossier geopen.

Die seun se familie sê hy is Sondagmiddag laas gesien toe hy na ’n spazawinkel gestap het om lekkers te koop.

Die polisie vra dat enigeen met inligting oor die voorval lt.kol. Bulelwa Lembese by 082 441 8178 of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Misdaad  |  3-Jarige  |  Vermeende Moordenaar  |  Lyk Gevind  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.