Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 jong mans oorrompel; losprys by ouers geëis

“Mamma, dis nie ’n grap nie, ek is in die moeilikheid.”

Só het een van die slagoffers van ’n rooftog by sy ma om hulp gepleit.

Drie mans, onderskeidelik 19, 20 en 21 jaar oud, is Vrydagaand in Johannesburg deur vyf gewapende mans oorrompel en beroof. 

Twee is studente aan die Universiteit van die Witwatersrand. Die voorval was omstreeks 18:30 by die Langermann-koppies in Kensington. 

Die drie het die een se laaste universiteitsvraestel gevier. Volgens die pa van een van die slagoffers, wat anoniem wou bly om sy seun se identiteit te beskerm, het hy en sy vrou omstreeks 19:00 die oproep van hul seun gekry dat hy in die moeilikheid is. 

Een rower het toe agt minute later R8 000 as losprys geëis. “Die geld moes met ’n e-wallet aan hulle betaal word. Hy het gesê anders sou hy ons seun doodmaak,” sê die pa. 

Een van die slagoffers sê hy is bly om veilig te wees en baie dinge het deur sy kop gegaan toe hy vasgebind op die grond lê.  Die rowers het hul bankkaarte en wagwoorde gevat en met die voertuig van een van die slagoffers weggery.

Een van die rowers het saam met die drie jong mans agtergebly. Hy het aanhoudend meer geld van die slagoffer se ma geëis. Hulle het eindelik met altesame R9 000 weggekom.

Mohamed Ameen, ’n woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Vision Tactical, wat gehelp het om die studente op te spoor, het die voorval bevestig. 

Hy sê die voertuig is later in Troyeville opgespoor. Die jong mans kon loskom en het teen 21:00 hul ouers laat weet hulle is ongedeerd by ’n vriend in Kensington. 

Meer oor:  Johannesburg  |  Losprys  |  Ontvoering  |  Studente  |  Jong Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.