Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 Kaapse voertuiginspekteurs vas weens korrupsie

Drie Kaapstadse voertuiginspekteurs verskyn Donderdag in die hof op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die drie sal in twee afsonderlike landdroshowe – Kaapstad en Bellville – verskyn.

Hul name kan nie bekend gemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

Nkwalase sê die drie is tussen 37 en 64 jaar oud.

Een verdagte, verbonde aan die Goodwood-toetssentrum, word nog deur die polisie gesoek nadat hy hom nie soos versoek aan die ondersoekspan oorhandig het nie.

Die verdagtes is aangekeer ná ’n ondersoek deur die Valke en die provinsiale departemente van vervoer en openbare werke, en van verkeer.

Twee van die verdagtes, verbonde aan die Epping-toetssentrum, het glo drie vervalste sertifikate uitgereik aan onpadwaardige voertuie waarin leerlinge vervoer word.

Nkwalase sê dié voertuie is in Maart vanjaar geskrap en mag nie op openbare paaie wees nie.

Die derde verdagte is gevang ná ’n wenk van die publiek wat die departement van vervoer en openbare werke gekontak het.

Dié verdagte het glo ’n padwaardigheidsertifikaat aan ’n swaar voertuig uitgereik sonder dat die korrekte prosedure gevolg is.

Nkwalase sê in die verklaring die inhegtenisneming van die inspekteurs is in pas met die regering se doelwit om van alle korrupte beamptes ontslae te raak en die veiligheid van padgebruikers te verseker.

Meer oor:  Hof  |  Korrupsie  |  Voertuiginspekteurs  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.