Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 lyke in uitgebrande motor gevind

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord op drie mense nadat hul verkoolde lyke in die vroeë ure van Donderdag in Mitchells Plain gevind is.

“Die dood van drie onbekende mense word ondersoek nadat hul lyke in ’n uitgebrande Volkswagen Polo Vivo gevind is,” sê lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder.

Volgens Traut is die motor, met ’n Oos-Kaapse registrasienommer, Donderdag omstreeks 02:00 langs die Ou Weltevredenpad gevind.

“Daar word vermoed dat die slagoffers vermoor is en toe na die plek geneem is waar die voertuig aan die brand gesteek is.”

Traut sê die motief vir die moorde is nog nie vasgestel nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.