Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 mans, vrou dood in skietery by huis in Mitchells Plain

Drie mans en 'n vrou is Dinsdag in die vroeë oggendure in 'n huis in Mitchells Plain, Kaapstad, doodgeskiet.

Die slagoffers was tussen die ouderdomme van 30 en 32 jaar oud. 

Die polisie sê in 'n verklaring daar is aanduidings dat die voorval bendeverwant is.

"Die bende-eenheid en forensiese deskundiges is op die toneel op soek na leiddrade," lui die verklaring deur brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder.

"Volgens die inligting wat tot dusver aan die polisie verskaf is, was die slagoffers in 'n huis in Hazeldenestraat, Portlands, toe 'n voertuig met drie insittendes by die eiendom stop. Al drie insittendes het glo by die huis ingegaan en talle skote afgevuur voordat hulle gevlug het."

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Kaapstad  |  Moord  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.